May 5, 2008

Maatsoek-webtuiste vir slimmes raak al hoe gewilder
04/05/2008 09:39:59 PM – (SA)

TORONTO. n Nuwe maatsoek-webwerf wat slegs vir mense met n IK hor as 115 toeganklik is, kan verhoed dat n mens met n dommer persoon afgepaar word mits jy natuurlik self die paal haal.

As jy dus bogemiddeld slim en enkellopend is, is di webwerf dalk die antwoord vir jou.

Di sosialenetwerk-webwerf IntelligentPeople.com, wat in Denemarke begin het, is gemik op hoogs intelligente mense met n aanleg om komplekse visuele patrone en raaisels te ontsyfer.

Potensile kandidate moet n aanlyn-IK-toets afl om te bewys dat hulle n IK van hor as 115 het voordat hulle kan aansluit.

n IK-punt van meer as 115 plaas jou volgens me. Trine Jensen (29), stigter van IntelligentPeople.com, in die top-15% van die wreld se bevolking wat intelligensie betref.

Ek glo intelligente mense kan beter kommunikeer met ander intelligente mense en liefde kom natuurlik makliker as twee mense goed kan kommunikeer.

Die toets wat afgel moet word om by IntelligentPeople.com aan te sluit, is gegrond op n IK-toets wat deur die vereniging Mensa (vir mense met n IK in die top-2% van die bevolking) gebruik word.

IntelligentPeople.com se IK-toets is ontwerp om kultureel regverdig te wees, en is dus nie oor jou kultuur of opvoeding bevooroordeeld nie. Mense kry volgens Jensen twee kanse om die toets te doen.

Di webtuiste, wat reeds meer as 700 lede het, trek glo onder andere ingenieurs, prokureurs, studente, webbladontwikkelaars en onderwysers.
Reuters

Leave a Reply

Your email address will not be published.