April 16, 2008

Vrug van die gode

DIE BURGER
09/04/2008

Die avokado-seisoen het skaars begin of almal soek na verskonings om hierdie smaaklike vrug op enige manier moontlik te gebruik. SAMARIE SMITHhet n praatjie bygewoon deur Jane Badham, wat meer oor die gesondheidsvoordele daarvan uitgewei het.

Wat is lekkerder as om n avokado op roosterbrood fyn te druk of dit nt so uit die dop met n lepeltjie te eet? Of wat maak n lekkerder doopsous of bygereg vir n braaipartytjie? En vir die soesjiliefhebbers is die avokado die hart van die salmroos of renboogrolletjie.

Dit kan nog boonop in jou skoonheidsroetine gebruik word en dit verlig glo menstruasiepyne.

Vir die Majas, Asteke en Inkas het dit honderde jare gelede reeds die liefdesvlam aangevuur en is dit toepaslik as die vrug van die gode gedoop. Maar baie mense is skepties om t veel van di verleidelike vrug te eet omdat hulle glo dat dit meer tot die volume om hul heupe as hul gesondheid bydra!

Maar Jane Badham, n dieetkundige wat aktief by gesondheidsbemarking in Suid-Afrika betrokke is, glo dat dit juis n groot verskil kan maak en ernstige siektes kan bekamp.

Dit is waar dat n avokado van 200 g sowat 30 g vet het. Maar navorsing het bevestig dat 20 g daarvan goeie vette of mono-onversadigde vette is, vertel sy.

Volgens haar bevat n avokado 100% van die daaglikse benodigde vitamien A-dosis, is dit die vrug met die hoogste vitamien E-inhoud en die grootste vrugtebron van luteen (dit verlaag onder meer die risiko vir prostaatkanker en beskerm die o teen katarakte).

Dit is n karotenoed, vitamien en fitochemiese kon-koksie teen mond- en prostaatkanker en bevat ander vitamiene soos B6 en C.

Volgens die Suid-Afrikaanse Avokado-kwekersvereniging gee 200 g van di waardevolle bron van die gesonde mono-onversadigde vette jou 30% van die liggaam se daaglikse benodigde vitamien B6-inname.

In dieselfde 200 g is 11 g ruvesel en 37% van die mens se daagliks benodigde vitamien C. Dit is ook n goeie bron van magnesium. Dit kan as deel van n energiebeheerde dieet ingesluit word sonder dat jy gewig optel, n dit is cholesterolvry.

Dt is van die punte wat Badham met haar praatjie wou tuisbring, aangesien Suid-Afrikaners al hoe minder aktief is en al hoe meer aan gewigsverwante siektes sterf.

Die Mediese Navorsingsraad het verlede jaar die eerste omvattende risikoberamingstudie bekend gemaak. Dit toon dat daar hoofsaaklik sewentien faktore is wat tot sterftes in SA bydra en die studie kan nou deur wetenskaplikes en beleidmakers gebruik word om in te gryp en aan die oorsake aandag te gee.

Sy het di faktore uitgesonder:

1. Ho bloeddruk:

Dt is die tweede grootste toestand naas seksueel oordraagbare siektes waaraan mense wreldwyd sterf. Volgens Badham word 42% van hartsiektes in Suid-Afrika en die helfte van die beroertes in die middelouderdomsgroep aan ho bloeddruk toegeskryf.

As almal hul soutinname met een teelepel per dag verminder, kan dit die getal mense wat antihipertensieterapie nodig het, halveer.

Gebruik eerder kruie om jou kos lekkerder te laat smaak as wat jy nog sout byvoeg. Avokados het 6 mg natrium en nie soveel ekstra sout is nodig om dit lekker te laat smaak nie (1 teelepel sout = 2 000 mg natrium; 38% van sout is natrium).

2. Alkohol

Opnames toon aan dat 50% van mans en 20% van vroue in die land alkohol drink en dat die deursnee-persoon sowat 12 suiwer alkohol per jaar inneem.

3. Oorgewig

Dit is die vyfde grootste rede vir die sterftesyfer in Suid-Afrika.

Een uit elke tien sterftes onder vroue in 2000 was weens oorgewigverwante redes en die gemiddelde toename in tipe 2-diabetes, kardiovaskulre toestande en sekere kankers in Suid-Afrika wat met oorgewig verband hou, is groter as die wreldgemiddelde.

Volgens haar het onlangse studies getoon dat 17% van kinders tussen een- en nege-jarige ouderdom oorgewig is en 7% van mans en 26% van vroue tussen 12- en 19-jarige ouderdom gevaarlik oorgewig is.

Die kommerwekkende feit is dat 1,1 miljard van volwassenes wreldwyd oorgewig is dus 26% van die hele bevolking.

Mense is onder die indruk dat avokados vet maak omdat n 200 g-avokado 2 042 kJ bevat. Maar volgens Badham is dit juis makliker om by jou dieet te hou as dit avokado insluit. Dit sorg net vir daardie ekstra smaak wat dite so vervelig kan maak.

4. Ho cholesterol

Dit is nie die cholesterol wat natuurlik in kosse gevind word wat die probleem is nie. Dit is die mens se gewoonte om te veel geprosesseerde kosse te eet wat cholesterolvlakke die hoogte laat inskiet.

5. Diabetes

Die Wreldgesondheids- organisasie voorspel dat teen 2030 sowat 366 miljoen mense in die wreld diabete sal wees.

6. Lae groente- en vrugte- inname

n Daaglikse gesonde inname van vyf porsies groente en vrugte verminder die risiko vir hartsiektes, beroerte, ho bloeddruk, vetsug, sekere kankers, tipe 2-diabetes, geboorteafwykings en infeksies en sorg vir gesonde bene en o.

Maar die Mediese Navorsingsraad het bevind dat die deursnee-Suid-Afrikaner minder as drie porsies (400 g) per dag eet. Stel jouself voor dat tussen 10 000 en 21 000 mense doodgaan omdat hulle nie genoeg vrugte en groente eet nie!

7. Vitamien A- en ystertekort

Di toestande hou direk verband met die kos wat jy eet. Sowat 127 miljoen voorskoolse kinders is vitamien A-gebrekkig en 7,2% van swanger vroue kry nie die nodige ysterinname nie.

Die hartseerding van yster- tekorte is dat dit n negatiewe impak op kognitiewe ontwikkeling het en dus lewenslange gevolge sal h.

Vleis is steeds die grootste ysterbron, s sy, maar diegene wat nie vleis eet nie, moet leer hoe die absorpsie van yster uit plantaardige bronne verhoog kan word.

Om jou neute en peulgroente saam met vrugte of groente met vitamien C te neem vertrippel die ysterabsorpsie. Avokado kan dus ook hiermee help.
* Bron: Suid-Afrikaanse Avokado-kwekersvereniging
*Vir meer inligting, besoek die webwerf www.avocado.co.za.

Teken in op Die Burger

Leave a Reply

Your email address will not be published.