March 7, 2008

Dokters by kliniek het glo net 7 minute per pasint

Mar 03 2008

Antoinette Pienaar

Ek kry in die aande nagmerries. Dan l ek wakker en wonder wat ek deur die loop van die dag misgekyk het.

S het n Johannesburgse dokter ges oor die personeeltekorte wat veroorsaak dat dokters by een van die land se grootste klinieke glo net sewe minute het om n pasint te ondersoek.

Dokters by die Hillbrow-gemeenskapsgesondheidskliniek spreek elk glo sowat 60 pasinte per dag en sukkel om die werklading te hanteer.

Hulle het pas gehoor dat hulle nou pasinte direk na die Clinix Selbypark-kliniek, n private hospitaal in die Johannesburgse middestad, kan oorplaas.

Maar in plaas daarvan dat dit hul werklading gaan verminder, gaan dit waarskynlik meer druk op di dokters plaas omdat hulle eers di pasinte behoorlik sal moet ondersoek en medikasie gee voor elke oorplasing.

Voorheen is baie van di mense na die Johannesburgse Hospitaal verwys, maar di hospitaal het gevra dat slegs ernstige gevalle wat spesialis-aandag nodig het, voortaan soontoe gestuur word.

Die dokter s dit is onmoontlik vir die dokters om ng pasinte te hanteer.

Selfs hospitale soos Edenvale laat net 40 konsultasies per dokter toe. Dit gaan groot probleme veroorsaak.

Saans gaan ek deur al my konsultasies in my kop en wonder wat ek gemis het. En daar is vir seker baie dinge wat gemis word.

Die dokter meen in die private sektor bestee dokters tot 45 minute om n pasint die eerste keer te ondersoek.

Die meeste pasinte wat die dokters by Hillbrow spreek, is daar vir eerste besoeke.

Opvolgbesoeke word gewoonlik deur verpleegsters gehanteer.

Dr. Patrick Maduna, hoof van die die departement van gesondheid se Johannesburg-streek, het gister ontken dat die dokters slegs sewe minute per pasint tot hul beskikking het.

Sowat 24 000 pasinte besoek die kliniek per maand.

Daar is 14 dokters en 14 primregesondheidsorg-verpleegsters.

Daar is oral n element van oorlading in die gesondheidsektor, het hy wel toegegee.

Die dokter met wie Beeld gepraat het, het ges daar is net 10 of 11 dokters by di kliniek en een of meer van hulle is dikwels siek of met verlof.

Leave a Reply

Your email address will not be published.