Gesondheid-chaos

December 12, 2007

Gesondheid-chaos

JULIAN JANSEN
01/12/2007 18:31 – (SA)
Kaapstad

Geen suurstof om ‘n Brandvlei-pasint met emfiseem te behandel nie. Vyf dokters wat die pad vat en slegs twee agterlaat. Verpleegslui wat hul heenkome in ander provinsies soek.

Di prentjie skets die somber uitdagings in gehalte-gesondheidsorg waarmee die bestuur van die moderne Abraham Esau-hopitaal op Calvinia sit.

Dit moet gesien word in die lig daarvan dat die Noord-Kaapse departement van gesondheid tans onder kuratorskap is, s me. Lulu Ntsie, woordvoerder van die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement. Sy s ook dat die personeeltekorte by Calvinia nie uniek is nie en ook by ander hospitale in die provinsie voorkom.

Volgens Ntsie sal geen gemeenskapsdokters in 2008 by Abraham Esau geplaas word nie. "Tans wag die hospitaal ook vir nog 15 beddens."

Kreune vanaf die mediese geledere by die R30 miljoen- Abraham Eseau-hospitaal – R20 miljoen hiervan is ‘n Sweedse skenking ? onderstreep die vrese dat personeeltekorte di hospitaal dalk ‘n wit olifant sal maak.

Die hospitaal, wat in 2004 geopen is, sou nuwe lewe in gesondheidsorg vir duisende siekes van Calvinia en omliggende dorpe verskaf. Siekes van so ver soos Brandvlei, Fraserburg, Nieuwoudtville en Williston word hier versorg.

"Dis ‘n krisis," s ?n personeellid wat verkies om anoniem te praat.

"Die salarisse is maar min en niemand wil meer hier (op Calvinia) kom verpleeg nie. Dis ver van alles af. Die hospitaal het nie genoeg opgeleide verpleegpersoneel nie."

"Daar is te min verpleegsters en nou moet die enkeles meer oortyd werk. Vrydag het ‘n ervare verpleegster haar dienste beindig en ‘n betrekking op Worcester aanvaar."

Volgens nog ‘n personeellid is daar nou "amper net so veel dokters as susters by die hospitaal. Ons kry ook geen ‘Zuma-dokters’ (diensjaardokters) volgende jaar nie."

Die private afdeling in die hospitaal is steeds toe en dit word vir kantore gebruik.

"Ons weet nie of die bestuur se planne in plek is vir volgende jaar nie. Ek dink nie daar is genoeg bedryfskapitaal nie. Dt sal baie hartseer wees."

"Ons Karoo-mense is taai mense, maar ons word ook siek."

Volgens die DA-woordvoerder oor gesondheid in die Noord-Kaap, dr. Chris Liebenberg, is gesondheidsorg in die Noord-Kaap "chaoties".

"Ons verloor dokters, goed opgeleide verpleegpersoneel, veral teatersusters. Die departement vul nie vakante poste gelyktydig nie. Ons moet ophou groot hospitale bou en die gehalte-bedryf daarvan n siek mense in die steek laat."

Leave a Reply

Your email address will not be published.