Mediese Skema Voorgeskrewe Minimum Voordele

'n VERDUIDELIKING VAN SELFMED SE TOEPASSING VAN VOORGESKREWE MINIMUM VOORDELE:

Die voordele soos beskryf in die voordeelopsommings van die Selfmed Opsies soos dit verskyn op hierdie webtuiste by Voordele 2011 sluit voordele vir Voorgeskrewe Minimum Voordele (VMV) in en sodanige voordele mag verkry word van enige diensverskaffer, tensy spesifiek anders aangedui.

Waar bogenoemde voordele nie voorsiening maak vir VMV nie of daarvoor voorsiening maak, maar voordele beperk word, sal 'n voordeeltrekker geregtig wees op die volgende VMV voordele:

1. Voordeeltrekkers is geregtig op 'n onbeperkte voordeel bo en behalwe dit wat elders in die betrokke Opsie se voordele voorsien word en sonder die instelling van enige wagperiodes, beperkings of bybetalings, met dien verstande dat die behandeling of medikasie by 'n publieke hospitaal, Clicks Direct Medicines of Dis-Chem apteke of Pick n Pay aptekeof of Selfmed se ander aangewese diensverskaffers verkry word, onderhewig aan die volgende voorwaarde:

1.1 Registrasie op die Skema se Voorgeskrewe Minimum Voordele Program en voldoening aan die Skema se bestuursprotokolle, riglyne en medisyne formulier, behalwe ten opsigte van 'n noodgeval.



2. Voordele sal ten volle betaalbaar wees indien 'n voordeeltrekker onwillekeurig die behandeling of medikasie verkry vir VMV’s van 'n verskaffer anders as die aangewese diensverskaffer, in enige van die volgende gevalle:

2.1 Die goedgekeurde behandeling of medikasie was nie verkrygbaar van 'n Clicks Direct Medicines, Dis-Chem apteke, Pick n Pay apteke of aangewese diensverskaffers nie; en/of

2.2 Die goedgekeurde behandeling of medikasie kon nie binne 'n redelike tyd voorsien word nie; en/of

2.3 Onmiddellike mediese of chirurgiese behandeling was nodig onder omstandighede wat dit nie vir die voordeeltrekker moontlik gemaak het om sodanige behandeling of medikasie te kry by 'n aangewese diensverskaffer, soos goedgekeur deur die Skema nie.



3. Voordeeltrekkers sal aanspreeklik wees vir 'n 40% bybetaling ten opsigte van die koste van die behandeling of medikasie ontvang vir VMV’s indien enige van die volgende voorwaardes van toepassing is:

3.1 Die Voordeeltrekker het uit eie wil gekies om, in plaas van'n formulier medikasie wat klinies doeltreffend en effektief is, 'n ander medikasie te gebruik vir die behandeling van 'n VMV toestand; en/of

3.2 Die voordeeltrekker het vrywillig gekies om die behandeling te kry by 'n verskaffer anders as 'n publieke hospitaal.



4. Waar diagnostiese toetse en ondersoeke uitgevoer is, maar nie die bevestiging van 'n VMV toestand tot gevolg het nie, behalwe vir 'n noodgeval, sal sulke diagnostiese toetse en ondersoeke nie vir 'n VMV voordeel oorweeg word nie.


Sluit aan

Vir 'n kwotasie, los u besonderhede:

Naam

E-pos

Tel.

Ouderdom   
Opsie keuse

Tree in kontak met u naaste streekskantoor.

Kaapstad
021 943 2300

Durban
031 576 0366

Vrystaat
011 466 6068

Johannesburg
011 466 6068

Mpumalanga
013 741 4588

Port Elizabeth
021 943 2300

Soek sleutelwoord

Of soek in ons mediese nuus artikels


Handige Skakels