Privacy Statement and Accuracy Disclaimer

Hierdie webtuiste word besit en bestuur deur Selfmed Mediese Skema. U privaatheid op die internet is van die allergrootste belang vir ons. By Selfmed Mediese Skema wil ons verseker dat u aanlyn ondervinding bevredigend dog veilig is.

Aangesien ons sekere tipe inligting omtrent ons gebruikers inwin, wil ons graag hê dat u ten volle vertroud moet wees met die terme en voorwaardes wat verband hou met die verkryging en gebruik van hierdie inligting. Hierdie privaatheidsstelling voorsien dié inligting.

INLIGTING wat Selfmed Mediese Skema VERKRY en NASPEUR

Selfmed Mediese Skema verkry twee tipes inligting omtrent gebruikers:

Inligting wat Selfmed inwin deur die versameling van inligting wat afgelei word hoofsaaklik deur rekord te hou van die bladsy wat gesien word deur gebruikers. Onder geen omstandighede maak Selfmed Mediese Skema enige inligting omtrent ‘n individuele verbruiker bekend aan enige derde party nie.

Selfmed Mediese Skema win inligting omtrent gebruikers in deur middel van die volgende prosesse:

Opsionele Vrywillig Inligting

Ons bied die volgende gratis dienste wat vereis dat gebruikers sekere tipe persoonlike inligting voorsien, op vrywillige basis:

1. Elektroniese nuusbriewe

Ons sal ‘n elektroniese nuusbrief aan gebruikers bied. Selfmed Mediese Skema win die e-posadres van diegene wat vrywillig inteken. Gebruikers kan hulself van hierdie lys verwyder deur te klik op die skakel wat vir hierdie doel by elke nuusbrief ingesluit word. Gebruikers kan ook inteken op die nuusbrief ten tye van registrasie.

2. Versoek vir inligting

Ons webtuiste gebruikers kan ook verdere inligting versoek omtrent Selfmed Mediese Skema, die produkreeks, of versoek dat hul deur ‘n konsultant gekontak moet word.

Gebruikersnasporing

Selfmed Mediese Skema spoort verkeerspatrone na op al ons tuistes. Ons vergelyk egter nie die inligting met data omtrent individuele verbruikers nie. Selfmed Mediese Skema deel egter wel algehele gebruikersstatistiek op volgens die gebruiker se domein naam, blaaitipe en MIME tipe deur die inligting te lees vanaf die betrokke blaaier.

Selfmed Mediese Skema spoor soms die soek terme wat deur gebruikers gebruik word, na waar die Soek funksie aangewend word, maar weer eens word geen assossiasie met individuele gebruikers gemaak nie. Ons gebruik die nasporingsinligting ten einde vas te stel watter tuistes gebruikers van hou en nie hou nie, gebaseer op die verkeerspatrone. Ons spoor nie die inligting wat individuele gebruikers lees na nie, maar eerder die algehele vertoning van elke bladsy. Dit stel ons in staat om voortdurend ‘n beter diens te lewer.

Internet koekies

Ons mag ‘n tekslêer of sogenaamde “koekie” in die snuffelblaaie van u rekenaar plaas. Die koekie bevat nie persoonlike inligting nie, alhoewel dit ons in staat stel om inligting wat verband hou met die gebruik van die webtuiste, wat u spesifiek en bewustelik voorsien het, te gebruik. Die enigste persoonlike inligting wat ‘n koekie kan bevat is dit wat u self voorsien het. ‘n Koekie kan nie data vanaf u hardeskyf lees nie of koekielêers vanaf ander tuistes lees nie. Ons advertensiestelsel voorsien ‘n onmiddellike koekie wat indrukke beter naspeur.

U kan koekies wyer deur dit in u snuffelaar af te skakel.As u snuffelaar gestel is om u koekies te aanvaar, sal u ‘n waarskuwingsboodskap saam met elke koekie ontvang. U hoef nie koekies aangeskakel te hê om die tuiste te gebruik nie. U sal dit wel benodig ten einde deel te neem in booskapforums, ens.

GEBRUIK VAN INLIGTING

Selfmed Mediese Skema gebruik enige inligting wat vrywillig deur ‘n gebruiker voorsien is ten einde hul ondervinding van ons netwerk of webtuiste te verbeter, asook om interaktiewe en verpersoonlikte elemente te voorsien en om beter voor te berei vir toekomstige inhoud gebaseer op die belangstellings van ons gebruikers.

SEKURITEIT

Selfmed Mediese Skema voorsien veilige datanetwerke met industrie standaard beskermingstelsels. Ons sekuriteit en privaatheidsbeleid word van tyd tot tyd hersien en verbeter soos nodig en slegs gemagtigde gebruikers het toegang tot die inligting voorsien.

U INSTEMMING

Deur hierdie webtuiste te gebruik, stem u in tot die versameling en gebruik van inligting deur Selfmed Mediese Skema. Indien ons besluit om die privaatheidsbeleid aan te pas, sal ons sodanige veranderinge op hierdie bladsy publiseer sodat u altyd bewus kan wees van die inligting wat ons versamel, hoe ons dit aanwend en onder watter omstandighede ons dit bekend maak.


Sluit aan

Vir 'n kwotasie, los u besonderhede:

Naam

E-pos

Tel.

Ouderdom   
Opsie keuse

Tree in kontak met u naaste streekskantoor.

Kaapstad
021 943 2300

Durban
031 576 0366

Vrystaat
011 466 6068

Johannesburg
011 466 6068

Mpumalanga
013 741 4588

Port Elizabeth
021 943 2300

Soek sleutelwoord

Of soek in ons mediese nuus artikels


Handige Skakels