Wanneer dit by mediese dekking kom, verkies al hoe meer mense om slegs 'n hospitaalplan of gesondheidsversekeringsproduk uit te neem, in plaas van 'n omvattende mediese plan. Die rede hiervoor is dat hospitaalplanne oor die algemeen goedkoper is as tradisionele mediese fonds dekking. Deur die jare het die meeste mediese fonds planne vir baie families eenvoudig onbeskostigbaar geraak. Mense is ook al hoe meer gewillig om hulle eie dag-tot-dag primêre gesondheidsorg uitgawes self te bestuur, deur mediese spaar rekeninge of mediese krediet- of debiet kaarte.
Alhoewel 'n hospitaalplan jou meer beheer oor jou mediese uitgawes en die bestuur van jou begroting gee, hou in gedagte dat die graad van mediese dekking heelwat verskil van mediese versekering en 'n omvattende mediese plan...
Vergelyk mediese versekering, hospitaalplanne en omvattende mediese fonds opsies
Die verskil tussen die drie produkte is merkbaar. 'n Hospitaalplan lê iewers tussen mediese versekering en omvattende mediese fonds dekking in terme van die hoeveelheid dekking en die prys.
'n Hospitaalplan is ideaal vir iemand wat slegs dekking soek vir groot mediese uitgawes soos hospitalisasie en binne-hospitaal prosedures teen 'n bekostigbare maandelikse paaiement. Vind meer uit oor Selfmed se hospitaalplan en sy voordele.
Die verskil tussen mediese versekering en 'n hospitaal plan
Mediese versekering bestaan uit 'n polis wat deur versekeringsmaatskappye aangebied word en jou dek vir 'n sekere bedrag per dag indien jy opgeneem word in die hospitaal ('n tipiese uitbetaling begin gewoonlik op R300 per nag wat jy in die hospitaal spandeer).
Aan die ander kant betaal sulke polisse 'n vasgestelde bedrag uit vir sekere prosedures. Baie versekeringmaatskappye - en selfs banke wat versekerings- maatskappye onderskryf - bied dit aan as “hospitaalplanne”. Onthou om altyd die fyn skrif te lees en maak seker jy verstaan wat al die uitsluitings en limiete beteken.
Hoekom is dit beter om 'n versekeringsmaatskappy se hospitaalplan te vermy?
Om dit eenvoudig te stel, 'n mediese fonds se hospitaalplan bied aansienlik meer dekking - en gemoedsrus - ten spyte daarvan dat dit dalk effens meer mag kos as 'n versekeringspolis.
Die meeste mediese versekeringsplanne laat jou kies in watter hospitaal jy die operasie wil laat doen. Addisioneel, wat ookal oorbly van die enkelbedrag wat die versekering uitbetaal vir die prosedure - kan jy hou. Party mediese versekeringsplanne bied selfs kontant-terug en geen-eis bonusse.
Dit is baie verskillend van 'n ware hospitaalplan, waar 'n mediese fonds met hospitale onderhandel sodat 100% van die bepaalde tariewe gedek word binne voorafbepaalde hospitale.
Dikwels sal 'n goeie hospitaalplan, soos Selfmed MEDXXI, selfs onbeperkte binne-hospitaal prosedures toelaat. Veronderstel byvoorbeeld jy kom in 'n ernstige motor ongeluk. Jou hospitaal rekening
kan maklik R100 000 beloop - en dit is slegs vir een persoon! Die bedrag verhoog aansienlik wanneer die hele familie betrokke is, veral as julle in die ongevalle of intensiewe eenheid van 'n privaat hospitaal behandel word. Intussen kan komplikasies na 'n operasie nog verdere kostes beloop.
Dit is waar 'n hospitaalplan sy goud werd is. Met 'n hospitaalplan weet jy alle kostes is gedek, en dat jy nie net 'n enkelbedrag uitbetaling sal ontvang as 'n sekere toestand gediagnoseer word, of vir 'n sekere tipe operasie nie.
Hospitaalplanne van mediese skemas is oor die algemeen gesondheidsprodukte waar jy dag-tot-dag mediese uitgawes self bestuur. Met ander woorde, standaard mediese konsultasie rekeninge en oor-die-toonbank medisyne bly jou eie verantwoordelikheid. Jou mediese fonds betaal dan die diensverskaffer, in hierdie geval die hospitaal, sodat jy nie hoef te sukkel met al die papierwerk wat hospitalisasie tipies behels nie.
Die verskil tussen 'n hospitaalplan en 'n omvattende mediese plan
Die grootste verskil tussen 'n hospitaalplan en meer omvattende opsies is dat 'n omvattende mediese fonds plan voorsiening maak vir buite-hospitaal uitgawes soos gewone dokters besoeke en medisyne. Hospitaalplanne dek gewoonlik nie hierdie dienste nie, so uitgawes soos oogkundiges, tandartse en alternatiewe gesondheidsdienste sal uit jou eie sak betaal moet word.
Wat se plan moet ek kies - basies of omvattend?
Dit is altyd 'n goeie idee om met 'n gespesialiseerde konsultant te gesels, sodat jy 'n ingeligte besluit
kan neem oor watter mediese dekking jy en jou familie nodig het.