HOEKOM SELFMED?
Sedert 1965 dien Selfmed hul lede. Vandag, met oor die 95% reserwes, is ons skema besonders stabiel en geniet ons hoë aansien in die industrie
Met toegewyde diens, fokus ons op die welsyn van ons lede, wat jaar na jaar ons opsies bo enige ander kies.
WAT MAAK ONS ADMINISTRASIE SO BESONDERS?
Selfmed het volle beheer oor sy eie administrasie en oproepsentrum (bekend as die "Uitmuntende Dienssentrum"). Hiermee behou Selfmed beheer oor alle interaksies met lede en kan administratiewe probleme of klagtes onmiddellik en bevredigend aangespreek word.
In 'n tradisionele mediese fonds / administrateur omgewing, word alle administratiewe funksies deur die administrateur verrig. Dit het tot gevolg dat 'n mediese fonds ten volle afhanklik is van die administrateur om probleme en klagtes van lede uit te wys.
ONS STAAN UIT BO DIE RES
- 'n VERSTAANBARE en BEKOSTIGBARE produkreeks wat aan jou mees basiese gesondheidsorgbehoeftes voldoen
- OPREGTE belangstelling in jou welstand wat benadruk word deur ons klem op persoonlike diens,
- BETROUBAARHEID en GEMOEDSRUS gerugsteun deur ons sterk finansiële posisie en diensrekord, en
- DIENSLEWERING wat onoortreflik is


