Selfmed Mediese Skema
.

Please choose your preferred language for Medical Aid Quote

Kies asb voorkeurtaal vir Mediese Skema Kwotasie

Tuisblad / Nuus ENGLISH WEBSITE
.

Suid-Afrikaanse Mediese Fonds

Selfmed Mediese Skema is 'n geregistreerde, oop Suid-Afrikaanse mediese fonds. Sedert die skema se onstaan in 1965, en amptelike registrasie op 19 November 1974, het Selfmed gegroei tot ‘n besonderse stabiele mediese fonds, met reserwes wat aansienlik hoër is as die wetlike vereistes. As ‘n onafhanklike entiteit word die skema deur 'n Raad van vyf Trustees bestuur, wat danksy hul puik bestuursvernuf Selfmed van krag tot krag neem.

Wat beinvloed jou besluit om by 'n Mediese Fonds aan te sluit?

Is dit die ekstras, bv gratis gym-lidmaatskap of fliekkaartjies, of werklike mediese dekking wat jy nodig het?


As jy ‘n hulplyn skakel, wil jy met ‘n administrateur praat - wat aan verskillende fondse aandag gee - of verkies jy ‘n persoon wat sy/haar
aandag net aan een fonds wy?


Geniet die grootte van ‘n mediese fonds by jou voorkeur bo die finansiële stabiliteit? Of wil jy gemoedsrus hê dat jou mediese fonds daar sal
wees – môre, die dag daarna en so lank jy dit nodig het?

Indien jy opsoek is na:

  • bekostigbare, verstaanbare mediese dekking,

  • 'n betroubare, persoonlike benadering tot jou behoeftes, en

  • die sekuriteit om te behoort aan ‘n goed gevestigde mediese fonds vir nog vele jare, is die besluit maklik:

SELFMED – ONS BENADERING TOT GESONDHEIDSORG LAAT ONS UITSTAAN BO DIE RES!

Hoekom is 'n mediese fonds noodsaaklik?

Dit is dikwels 'n traumatiese ervaring om ernstig siek te word of seer te kry, selfs al is jy lid van 'n mediese fonds. So stel jou voor hoeveel erger finansiële druk en emosionele stres jy sal moet ontbeur indien jy nie enige mediese dekking het nie.

Alhoewel die oorgrote meerderheid mediese fondse op die oog af meestal dieselfde voordele bied, is dit nie voldoende om sommer net by enige mediese fonds aan te sluit nie. Jou mediese dekking mag dalk eendag jou lewe red, so dit is van kardinale belang om die regte mediese fonds of hospitaalplan te identifiseer.

 

Uitsonderlike korporatiewe en persoonlike dekking

Selfmed Mediese Skema bied 'n reeks uitsonderlike opsies wat spesifiek geskep is rondom die gespesialiseerde behoeftes van entrepreneurs, professionele mense en uitgesoekte maatskappye. Ons verstaan dat hierdie lede omvattende mediese dekking en finansiële gemoedsrus nodig het.
As een van die voorste Suid Afrikaanse mediese fonds skemas, bied ons lede verskeie mediese opsies, elk met unieke voordele en eienskappe wat in die behoeftes van die individuele verbruiker, sowel as die korporatiewe maatskappy, voorsien.

'n Voorstaander van innoverende besigheidsdenke

Selfmed maak gebruik van die nuutste gehaltesorg inisiatiewe, soos voorafgoedkeuring vir alle hospitaalopnames. Dit dra by tot die redelike, koste-effektiewe en toepaslike gebruik van gesondheidsorghulpbronne - wat op sy beurt Selfmed se strewe vir goeie verhoundinge met ons diensverskaffers, makelaars en lede verseker.

Alhoewel Selfmed klein genoeg is om te verseker dat ons lede uitnemende diens ontvang, is ons steeds groot genoeg om ons lede se gemoedsrus te verseker wanneer dit kom by hul mediese fonds behoeftes.

Al hierdie faktore dra by tot die feit dat Selfmed Mediese Skema as een van Suid-Afrika se mees geliefde mediese fondse gereken word.

Kyk gerus na die onderskeie Selfmed mediese planne.


Bookmark and Share

Why cancelling your medical aid could cost you more

The brunt of the economic down-turn has been felt world-wide and have impacted the household expenses of most families. Often, the first remedy to lessen the burden of increased costs is to reduce or cancel non-essential, luxury items from the household budget. But how do you define non-essential, luxury items? Policies are often the first to go because they require monthly payments and provide no immediate return. The same consideration might be given to medical aid, in particular if you are fit as a fiddle and have not visited a doctor in quite some time. Decisions like these, even though they may save you money in the short term, can be very costly in the longer term. Full Story »»

Meer Inligting

Stel u belang om by Selfmed aan te sluit? Sal u graag deur een van ons konsultante gekontak wil word vir meer inligting omtrent ons produkte of vir 'n individuele kwotasie? Indien JA Kliek Hier

As alternatief kan u ons skakel by 0860-SELFMED

<<< Vorige Bladsy

Tussengangers / Lede / Diensverskaffers

Verwante Mediese Beeldmateriaal

Mediese Beeldmateriaal

Soek

Sleutelwoord

Nuttige skakels

News24 IOL.co.za


Ethics Institute of SA

Member of the Ethics Institute of South Africa

 
ER24

ER24 Emergency Medical Care



Golden Lions Rugby Union

Golden Lions Rugby Union

 
Medical Services Locator

The Who, What and Where of Healthcare



Your South African online guide to parenting

 
Medical Services Locator

The Hospital Association of South Africa



Dental Therapy Association of South Africa

 
Medical Services Locator

Council for Medical Schemes



The SA Optometric Association

 
Medical Services Locator

Occupational Therapy Association of South Africa



The South African Medical Association

 
Medical Services Locator

Medical Services Organisation



Chronicare Medicines Courier Pharmacy

 
Medical Services Locator

Health Risk Management



© Selfmed 2009