Meer oor Selfmed Mediese Skema
Selfmed is 'n geregistreerde, medium grote, oop mediese skema wat in 1965 gestig is en formeel op 19 November 1974 geregistreer is. Met meer as 45 jaar ondervinding in die mediese fonds industrie, het die skema 'n sterk agtergrond.
Selfmed is 'n goed gevestigde, selfbesturende, onafhanklike en losstaande regsentiteit gereguleer deur Die Wet op Mediese Skemas no.131 van 1998.
Aan wie behoort Selfmed Mediese Skema?
Selfmed is 'n onafhanklike, losstaande regsentiteit wat behoort aan die lede en bestuur word deur 'n Raad van drie Trustees.
Wie Beheer en Bestuur die Skema?
Selfmed Mediese Fonds word beheer en bestuur deur 'n Raad van Trustees wat deur lede verkies is, bestaande uit:
Barry D. Reide (Voorsitter), Mellville Bartlett (Onder-Voorsitter) en Willem Boshoff.
Selfmed se bestuur is onderhewig aan streng besigheidsbeginsels, korporatiewe bestuursbeginsels, wetgewing en hoë etiese standaarde. Die Trustees se aksies en fidusiêre pligte word ook verder gereguleer deur die gemene reg.
Die welstand van die mediese fonds is meer as net 'n verpligting vir die Trustees en die tyd en energie wat hulle aan die Skema en lede se belange toewy, is beslis getuienis daarvan.
Wat is die Skema se Reserwevlak?
Selfmed se reserwevlakke het reeds die wetlike vereistes by verre oortref.
Dit beteken dat die mediese fonds in 'n baie gunstige finansiële posisie is en dat Selfmed vir lede finansiële stabiliteit, sekuriteit en gemoedsrus bied.
Hierdie positiewe faktore kan direk toegeskryf word aan bestuur se aktiewe deelname en betrokkenheid by die Skema.
Wat van Administrasie?
Selfmed beskou administrasie as 'n noodsaaklike deel van die mediese fonds se voortgesette sukses en die bestuur is direk betrokke by alle aspekte daarvan. Die ten-volle geïntegreerde administrasie stelsel stel die Skema in staat om uitmuntende diens in alle administrasie vlakke te lewer (bv. eiseverwerking, hantering van navrae, ens.).
Waarom Selfmed?
Die Selfmed visie word vervat in 'n waardestelling wat die waardes en hoekstene van die Skema vervat.
Bekostigbaar, Verstaanbaar, Betroubaar, Dienslewering
Bekostigbaar
- kompeterende, bekostigbare opsies en bydraes
- werklike waarde vir geld
- omvattende dekking met kwaliteit voordele
- gebruik koste-effektiewe en toepaslike gesondheidsorg hulpbronne
- bied verskeie opsies, elk met sy eie unieke kenmerke
- maak gebruik van bestuurde gesondheidsorg inisiatiewe
- geen interim bydrae verhogings
- lae jaarlikse bydrae verhogings
Verstaanbaar
- ongekompliseerde produkreeks
- simplistiese benadering in 'n hoë tegniese omgewing
- opsies voldoen aan gesondheidsorgbehoeftes
- uitgebreide toeganklikheid na vier bemarkingskantore
- 'n webtuiste in beide Afrikaans en Engels
- geakkrediteerde en geregistreerde tussengangernetwerk wat kwaliteit diens bied
- deeglik opgeleide en toegewyde inbelsentrum
- konstante fokus om waarde-toevoegende dienste te lewer
- persoonlike individuele aandag
- toegewyde ondersteuning
Betroubaar
- 'n goed gevestigde skema
- meer as 45 jaar ondervinding
- bied 'n sterk agtergrond
- bied gemoedsrus
- reserwevlak wat wetlike vereistes oorskry
- finansiële stabiliteit en onderhoubaarheid
- toepassing van hoë etiese standaarde
- voldoen aan wetgewing
- direkte toegewyde betrokkenheid deur bestuur
- geakkrediteerde en geregistreerde tussengangernetwerk
Dienslewering
- lewer onoortreflike diensvlakke
- onmiddellike en doeltreffende aandag aan alle navrae en versoeke
Hoewel ons verseker dat ons lede die persoonlike en individuele aandag kry wat hul verdien, gee ons lede ook gemoedsrus in die wete dat Selfmed 'n voorspoedige en stabiele skema is wat omsien na hul gesondheidsorgbehoeftes.
Is Enige Hulp en Ondersteuning Beskikbaar?
Daar is vier ondersteuningspunte gevestig in Kaapstad, Johannesburg, Nelspruit en Durban. Hierdie kantore funksioneer as addisionele dienspunte, waar lede en tussengangers raad en ondersteuning kan kry oor hierdie unieke mediese fonds.
Die Selfmed span is toegewyd om eersteklas diens te lewer wat omsien na die behoeftes van lede en tussengangers. Ons dienssentrums bied ook toegang tot hoogs opgeleide spesialiste wat in staat is om navrae in 'n japtrap te beantwoord.